kyknet channel logo

Sjokolade-nageregkoekies

27 Desember

18 koekies

Gebak

4

Letterlik gebakte sjokoladepoeding in koekievorm! Gebruik regte botter, regte vanielje-ekstrak, die beste Cognac en die beste sjokolade!

SJOKOLADENAGEREGKOEKIES – Terwyl ek wag
Bestanddele

150 g Botter

3/4 koppie Ligte bruinsuiker

1 Eier

2 teelepels Vanieljie-ekstrak

2 eetlepels Cognac

1 1/2 koppie Bruismeel

1 teelepel Bakpoeier

3/4 koppie Amandelmeel

1/2 teelepel Fyn kaneel

1 knippie Sout

100 g Goeie donker sjokolade (70-85%)

Metode
  • Verroom botter en suiker in mengbak
  • Klits eier, vanielje en Cognac by
  • Meng bruismeel bakpoeier, amandelmeel, kaneel en sout saam in aparte bak
  • Voeg by nat bestanddele en meng tot gladde deeg
  • Gebruik mes met riffels en sny sjokolade in klein stukkies, meng by deeg
  • Voer oondplaat met bakpapier
  • Vorm 6 koekies op ’n slag
  • Plaas op oondplaat en bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 9 minute
  • Laat afkoel vir 5 minute
  • Plaas versigtig op draadrak om af te koel

Gewildste Resepte