kyknet channel logo

Ratatouille tarte tatin – Nataniël.Erik.Wolf.

21 November

Maak 4 - 6 porsies

Gebak

Hierdie resep bevat groente soos murgpampoene, eiervrug en soetrissie. 

Ratatouille tarte tatin
Bestanddele

1 groot ui, gekap

halwe vinkel, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

1 rooi soetrissie, in repe gesny

1 geel soetrissie, in repe gesny

1 groot eiervrug, ronde snye gesny van 25mm dikte gesny

2 murgpampoene, in snye gesny van 25mm dikte gesny

4 eetlepels balsamiese asyn

2 eetlepels suiker

20 klein tamaties, gehalveer

1 teelepel meel

1 rol gekoopte deeg van keuse

seesout

grofgemaalde swartpeper

olyfolie

vars basiliekruidblare

Metode

Braai vinkel, uie en knoffel saam tot sag oor medium hitte, hou eenkant.

Rooster eiervrug tot goudbruin aan beide kante, hou eenkant.

Rooster murgpampoen tot goudbruin aan beide kante, hou eenkant.

Smelt balsamiese asyn en suiker saam, hou eenkant.

Bedek bodem van 24 tot 28cm ronde oondbak met asyn en suiker mengsel.

Bedek bodem met murgpampoen, eiervrug en enkele tamaties, rangskik in patroon van keuse, laat skywe oorvleuel.

Geur liggies met sout, peper en olyfolie.

Rangskik ’n laag uie, vinkel en knoffel bo-oor.

Plaas rooi en geel soetrisse bo-op, asook enkele tamaties tussen-in.

Sprinkel met meel, sout, peper en olyfolie.

Bedek met orige eiervrug en murgpampoen.

Geur met sout en peper.

Plaas deeg bo-op en vou kante deeglik toe.

Maak klein gaatjie in middel.

Bak teen 180° vir 30 - 40 minute en koel af vir 20 minute.

Keer versigtig om op opdienbord, garneer met basiliekruid.

Tagliatelle met garnale
Tagliatelle met garnale – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Tagliatelle met garnale – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte