web uni tv guide

Pithivier

21 Desember

4 Porsies

Gebak

3

Probeer gerus dié pithivier-resep, met skilferkorsdeeg, soos voorberei in ’n uitsending van Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep11-PITHIVIER-1
Bestanddele

Frangipane-vulsel

⅔ k geblansjeerde amandels

½ k suiker

6 e sagte botter

2 eiers

1 e rum

1 e koekmeel

1 e amandel-ekstrak

Vir koek

2 velle gevriesde skilferkorsdeeg

1 eier

1 e vars room

Metode

 

  1. Plaas amandels en suiker in voedselverwerker en pols tot fyn.
  2. Voeg botter, eiers, rum, meel en ekstrak by en pols tot goed gemeng.
  3. Vorm plat sirkel, deursnee 16 cm, draai toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur.
  4. Sny skilferdorsdeeg in twee sirkels van 25 cm in deursnee.
  5. Sny klein sirkel uit in die middel van een vel (ongeveer 2 cm).
  6. Plaas in vrieskas vir 20 minute.
  7. Plaas vel sonder sirkel op oondplaat.
  8. Plaas frangipane-sirkel bo-op.
  9. Klits eier en room en verf op deeg rondom frangipane.
  10. Plaas vel met sirkel bo-op.
  11. Druk rante plat en sny klein kepies met skerp messie.
  12. Kerf versigtig halwe sirkels met messie op boonste laag deeg, moenie deur deeg sny nie.
  13. Verf met res van eiermengsel.
  14. Bak in oond teen 180 ˚C (waaier) vir 35 tot 45 minute of tot goudbruin.
  15. Laat afkoel.
  16. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.
EVN2-Ep11-FRANSE-SY-TERT-1
Edik van Nantes Kie About
2016-12-21

Franse sy-tert

Gewildste Resepte