web uni tv guide

Matrooskoek

15 November

Gebak

3

Matrooskoek klink gepas – veral op kykNET se agtiende verjaarsdag. Probeer gerus dié resep, soos voorberei in ’n uitsending van Edik van Nantes 3.

EdikvanNantesResep
Bestanddele

500 g sagte botter

400 g strooisuiker

1 t vanielje-ekstrak

8 eiers

150 g bruismeel

2 t bakpoeier

500 g amandelmeel

1/2 skil van lemoen

3 e kakao

4 e rum

4 e brandewyn

Metode
  1. Verroom botter, strooisuiker en vanielje.
  2. Klits eiers een-een by.
  3. Meng bruismeel, bakpoeier en amandelmeel saam.
  4. Gebruik metaallepel en meng meel by bottermengsel.
  5. Verdeel mengsel in helfte.
  6. Meng lemoenskil by een helfte en vou kakoa by ander helfte.
  7. Voer bodems van 2 x 22 cm veerspringpanne met bakpapier.
  8. Skep lemoenbeslag in een pan en sjokoladebeslag in ander pan.
  9. Bak in oond teen 170 ˚C (waaier) vir ongeveer 40 minute.
  10. Verwyder uit oond en sprinkel lemoenkoek met rum en sjokoladekoek met brandewyn.
  11. Laat afkoel in pannetjies.
EdikvanNantesResep
Edik van Nantes Kie About
2017-11-08

Nantes-worsbredie

Gewildste Resepte