kyknet channel logo

Botterneutkoekies

14 Desember

12 koekies

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Toegang

Fritters
Bestanddele

1 Ui fyn gekap

2 huisies Knoffel fyn gekap

1 eetlepel Botter

600 g Rou botterneut skil en pitte verwyder

2 eetlepels Druiwepitolie

1 Eier geklits

3/4 koppie Bruismeel

1 Gepekelde brandrissie

1 eetlepel Pietersielie fyn gekap

1/4 teelepel Gemaalde koljander

1 heel Neutmuskaat

Seesout

Swartpeper grof gemaal

3 eetlepels Vars Parmesaan

ekstra Druiwepitolie

Blatjang

Sojasous

Metode
  • Plaas gekapte ui en knoffel saam met botter in klein kastrolletjie
  • Bedek gedeeltelik
  • Laat karamaliseer oor lae hitte, ongeveer 40 minute
  • Sny botterneut in klein blokkies en rangskik op oondplaat
  • Bak in oond teen 165˚C (waaier) tot gaar
  • Bedek losweg met foelie indien botterneut te veel verbruin
  • Laat afkoel
  • Plaas botterneut in mengbak en maak fyn met vurk
  • Roer uie en geklitse eier by
  • Meng meel by
  • Sny brandrissie in lengte deur en verwyder saadjies
  • Kap rissie fyn en meng met pietersielie en koljander by beslag
  • Rasper 1/4 tlpl neutmuskaat by
  • Geur met sout en peper
  • Rasper 3 eetlpl Parmesaan by, meng, bedek en laat staan vir 15 minute
  • Oor lae hitte: verhit genoeg olie in pan om bodem behoorlik te bedek
  • Skep 4 lepelsvol beslag in pan
  • Braai koekies oor lae hitte tot goudbruin aan albei kante
  • Bedien met klein bakkies blatjang, soet rissisous en/of sojasous
Eiendomkoekies
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Eiendomskoekies

Gewildste Resepte