web uni tv guide

Carla se brownie-resep

Gebak

4

Carla is vandeesweek se episode-wenner en het ’n vertroude resep ingespan vir die ‘sê-dit-met-brownies-uitdaging’. Die beoordelaars was gaande oor haar byvoeging van vars gemmer en sitrusskil – smake wat baie goed by sjokolade pas.  

Koekedoortjie_Carla
Bestanddele

2 k wit suiker

4 eiers

1 k kakao

1 k meel

1 k olie

1 t vanielje

knippie sout

1/2 k donker sjokolade (gekerf)

1/2 k pekaneute (gekap en gerooster)

30 g sitrusskil (gemengde)

90 g glanskersies

1 t vars gemmer (gerasper)

Metode

1. Voorverhit oond tot 180°C.
2. Verroom die eiers en suiker saam tot lig en romerig. Wenk: Hoe langer jy dit klits, hoe ligter is die tekstuur. 
3. Sif die droë bestanddele saam en voeg die res van die bestanddele by. 
4. Verdeel die beslag in twee en voeg die neute en sjokolade by die een en gemmer, sitrusskil en kersies by die ander.
5. Bak dit apart in twee 20 cm - 20 cm oondvaste bakke vir 30 minute. 

Koekedoortjie_Anmi
Koekedoortjie
2018-04-25

Anmi se liewe aarde-koek

Gewildste Resepte