web uni tv guide

Anmi se liewe aarde-koek

25 April

Gebak

5

Die tema van vandeesweek se uitdaging het gewentel rondom liefde vir die natuur. Anmi het die episode gewen en haar skepping ‘aan die einde van elke reënboog is ons soete aarde’ gedoop.

Koekedoortjie_Anmi
Bestanddele

“Boom”

1.5 k springmielies (gespring)

1 k malvalekkers

15 ml botter of margarien

1 roomyshorinkie

Botterversiersel

100 g sagte botter

250 g gesifte versiersuiker

10 ml vanielje

25 ml melk

kleursel (groen)

Karamelversiersel

175 g botter

175 g strooisuiker

4 e gouestroop

1 blikkie kondensmelk

Pralien

200 g witsuiker

125 ml water

sout (knippie)

250 g grondbone

Warm melk sponskoek

8 jumbo eiers

500 g strooisuiker

560 g koekmeel

30 ml bakpoeier

500 ml melk

200 g botter

10 ml vanielje geursel

Kleursels (rooi, oranje, geel, groen, blou en pers)

Metode

Anmi meen dat ons aarde soos ’n pot goud is. “Ons erf nie die aarde by ons voorvaders nie, ons leen dit by ons nageslag.” 

Warm melk sponskoek

1. Voorverhit oond tot 180°C. Smeer 6 panne met 20 cm deursnee.
2. Klop eiers en suiker saam tot dik en liggeel.
3. Sif koekmeel, en bakpoeier saam en vou in eiermengsel in.
4. Verhit melk en botter op stoof – moenie kook nie! 
5. Vou melkmengsel en vanielje by die beslag in.
6. Weeg die beslag en verdeel in 6 gelyke hoeveelhede in 6 bakkies. Kleur elke bakkie ’n ander kleur, en giet in voorbereide panne.
7. Bak vir +-15 min tot gaar.

Botterversiersel (stel gras voor)

1. Room botter, versiersuiker en vanielje saam.
2. Voeg melk by en klits tot lig en romerig.
3. Kleur die botterversiersel groen (vir die gras).

Karamelversiersel

1. Plaas bestanddele in ’n kastrol wat nie maklik aanbrand nie.
2. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
3. Stel temperatuur laer en kook vir 10 min tot verdik.

Pralien

1. In ’n kleefvrye kastrol plaas suiker in ’n hopie in die middel van die kastrol, giet die water rondom die suiker.
2. Verhit die suiker en water oor matige hitte, maar moenie roer nie – skud kastrol liggies.
3. Plaas die grondbone op ’n bakplaat, sprinkel sout oor, plaas in die oond tot dit louwarm is.
4. Voeg louwarm grondbone by die gesmelte suiker en keer die mengsel uit op ’n bakplaat, laat dit hard word en verkrummel.

“Boom”

1. Smelt malvalekkers en botter in ’n dubbelkoker.
2. Voeg springmielies by en vorm ’n bal om die roomyshorinkie.
3. Laat op ’n bakplaat verhard.

Versiering en aanmekaarsit

1. Pak jou 6 koeklae opmekaar in dié volgorde: rooi, oranje, geel, groen, blou en pers met botterversiersel en karamel tussenin. Moenie karamel op die boonste laag smeer nie. 
2. Versier die buitekant van die koek met groen botterversiersel en sny ’n stukkie fondant om die rivier voor te stel.
3. Meng glukose en blou kleursel om water voor te stel.
4. Maak klein fondant balletjies en verf dit met Rolkem-kleurselpoeier.
5. Sit jou boom bo-op die koek.
6. Gooi verkrummelde pralien as sand om die koek.
7. Gooi versigtig jou glukose en laat dit soos ’n rivier by die koek afloop.

 

 

 

 

 

 

 

 

Koekedoortjie
Koekedoortjie
2018-04-18

Nix se breezy-caprese-groente-quiche

Gewildste Resepte