Wanneer jy growwe mieliemeel gebruik mag dit dalk nodig wees om ‘n eier by jou beslag te voeg.
Bestanddele
2 koppies Mieliemeel
15 ml Growwe sout
2 blikke Suikermielies
2 koppies Water
1/4 koppie Olyfolie
Mozzarella
Metode
In 'n mengbak, roer die sout by die mieliemeel.
Voeg ‘n bietjie suikermielies op ‘n slag by jou mengsel tot die tekstuur reg is om ‘n balletjie te kan vorm, beslag moet nie te nat wees nie.
Voeg water by die beslag, soos nodig om die perfekte balletjie/”plaatkoekie” te vorm.
Maak seker jou pan is die regte temperatuur en voeg jou olie in die pan.
Braai die arepas vir sowat 5 minute aan elke kant. Die oppervlak moet droog word en 'n kors vorm. Hulle sal effens verbruin, maar moenie dat hulle te veel verbruin nie. As hulle te vinnig verbruin, verlaag die hitte. Voeg nog olie by vir die volgende sarsies soos nodig.