Logo

Amptelike Lokprent – Liewe Dudu

Video
13 Junie

Dudu, ’n borrelende skoonheidsterapeut by ’n goedkoop dagspa in Pretoria, word net voor die jaarlikse inspeksie met chaos gekonfronteer. Nadat sy laat aankom, ontdek sy ’n dooie kliënt op die behandelingsbed en besluit sy om die liggaam na die kleedkamers te skuif met die hulp van haar beste vriendin, Lerato. Die oorlede vrou behoort eintlik aan die begrafnisonderneming langsaan. Die spa se bestuurder, Nina, wat toegelaat het dat haar begrafnisondernemer-kêrel, Lappies, die lyk tydelik by hulle stoor, is in ’n toestand toe sy ontdek die liggaam het verdwyn. Die Spa-meisies moet saamwerk om die lyk weg te steek en alles reg te ruk voordat die inspekteur opdaag, en Dudu weet nét hoe. #Silwerskermfees