Logo

Amptelike Lokprent – O, Griet! Sy's droog

Video
13 Junie

Die kunstenaar Johan van der Merwe het drie vroue letterlik en figuurlik vasgevang – elk in haar eie geraamde skildery. Hulle kan nie na die buitewêreld terugkeer nie. Die vroue hang netjies langs mekaar teen die galerymuur, maar wanneer hulle in die wêreld agter die muur, buite die raam, te voorskyn kom, bevind hulle hulself in ’n alternatiewe dimensie. Om te ontsnap lyk onmoontlik totdat ’n skildery van ’n meisie met ’n pêreloorbel nuwe lig op hul situasie werp. #Silwerskermfees