Logo

Amptelike Lokprent – Die Bloedhonde

Video
13 Junie

Katrien se vakansie met haar gesin word kortgeknip deur ’n onverklaarbare dood in die oord wat haar rede gee om die geliefde plaaslike dominee van vuilspel te verdink. Haar speurtog ontaard in ’n fanatiese kruistog vir geregtigheid. Met ’n roekelose middeljarige swerwer as haar enigste bondgenoot werp sy alles in die stryd om die kerk, die gemeenskap en haar eie gesin verkeerd te bewys. Die Bloedhonde is ’n skerpsinnige verhaal van spoorsny en selfontdekking. #Silwerskermfees