Logo

Amptelike Lokprent – Vergeet van My

Video
13 Junie

Toe die bekende akteur, draaiboekskrywer en voormalige tromslaner van Zinkplaat, Beer Adriaanse, se ouers in 2021 hulle stoorkamer skoonmaak, kom hulle op ’n vergete swart krat af. Hieruit dop toe foto’s, joernale en plastieksakke vol DV8-videokassette met opnames wat verskeie toere vasgevang het, en daarmee ook ’n byna vergete tydperk in plaaslike musiek. Argiefmateriaal, wat oor tien jaar strek, vertel ’n storie van ontdekking, jeugdige rebellie, grootword en die droom om deel van iets groters te wees teen die agtergrond van ’n oplewing in alternatiewe Suid-Afrikaanse klanke. Met musiek van Zinkplaat, Foto Na Dans, eF-eL, Straatligkinders, Tidal Waves, New Holland en verskeie ander geraasmakers van dié era is hierdie ’n dokkie waarop jy kan dans. #Silwerskermfees