Logo

Amptelike Lokprent – Deuntjie

Video
13 Junie

Almal het daai klein stemmetjie in hulle kop. In die geval van Deuntjie, ’n skaam en pligsgetroue meisie, is daardie stemmetjie Vera – ’n groot diva met twee flambojante agtergrondsangers, Moses en Jacob, aan haar sy. Hulle smokkel sing-sing met arme Deuntjie se kop. Wanneer die baas trou en die hele kantoor genooi word, begin Vera vir Deuntjie oortuig om vir Karel, op wie sy smoorverlief is, te vra om as haar metgesel na die bruilof toe te gaan. Dinge ruk egter hand uit wanneer Deuntjie nie meer kan onderskei tussen die werklikheid en die stemme in haar kop nie. Sal Deuntjie haar eie stem kan vind? #Silwerskermfees