Logo

Amptelike Lokprent – Tussen die Draad en die Dropper

Video
13 Junie

Hierdie dokumentêr is ’n reis saam met die fotojoernalis Willem van der Berg op soek na ’n verlore draadspanner van die Hardemanskaroo, Hans Jors. Willem het ’n jarelange en noue verbintenis met Hans, maar nou is daar geen teken van Hans nie, en die boer vir wie hy ’n hele Karoo-koninkryk toegespan het, wil niks sê nie. Met die lostorring van die raaisel rondom Hans, word die skerp skeidslyne in ’n ongenaakbare landskap en verdeelde gemeenskap sigbaar. Dit is ’n storie oor mense wat aan die verkeerde kant van die draad gebore is. Die kant waar jy net kan stilraak. Verdwyn. En niemand iets daaromtrent kan doen nie. #Silwerskermfees
Jy sal ook hiervan hou