Logo

Amptelike Lokprent – Hier.Na

Video
13 Junie

Die Burgess-familie is ’n tipiese moderne, kultureel gemengde Suid-Afrikaanse gesin in die noordelike voorstede van Kaapstad, bo-op ’n heuwel, onder ’n kruis. Eric is sekulêr, maar sy vrou, Juleigha, wat verkies om Julie genoem te word, is ’n niepraktiserende Moslem. Hulle het twee kinders. Dean is ’n professionele aanlyn gamer, en Leila, ’n mediese student vier haar Moslem-identiteit, wat sy onlangs herontdek het – iets wat haar ma woes irriteer. Toe Julie skielik aan ’n hartaanval sterf, onderneem Leila om vir haar ’n Moslem-begrafnis met die hulp van Julie se ma te reël. Dit krap die hele familie om. Almal moet nou jare se konflikte en onderstrominge binne een onstuimige dag navigeer sodat Julie, soos Moslem-tradisie vereis, voor sonsondergang begrawe kan word. #Silwerskermfees