Logo

Amptelike Lokprent – Breathing In

Video
13 Junie

Op ’n donker, stormagtige nag gedurende die bitter einde van die Anglo-Boereoorlog, word ’n swaar gewonde Boeregeneraal verpleeg in sy afgebrande stal deur Anna, ’n geheimsinnige kruiedokter. Haar verleidelike, anderwêreldse dogter, Annie, veg ook om oorlewing, maar benodig meer as wat haar moeder se brousels haar kan bied. Adjudant Brand, getroue en dapper soldaat van die gewonde generaal, besef hy word stadig verstrengel in ’n onheilspellende web geweef deur moeder en dogter. Die bloedlose Annie word met die listige hulp van haar ma deur iets afgrysliks aan die lewe gehou. Brand is gewoond aan die gruwels van die slagveld, maar hy kom skielik voor ’n verskriklike keuse en ’n veel donkerder gevaar te staan. #Silwerskermfees