Logo

Amptelike Lokprent – By die Soutwater

Video
13 Junie

In die hart van die V&A Waterfront in Kaapstad, beskerm ’n toegewyde span van die Two Oceans Aquarium Foundation die stedelike wildlewe – voëls, sonvisse, robbe en alles anders wat leef en beef – te midde van drukkende skares en ’n werkende hawe. Hulle beperk konflik, adviseer rondom uitbreidings en die impak daarvan op die wildlewe en werk saam om ’n toekoms te probeer te skep waar mens en dier in harmonie binne die stadsomgewing saamleef. Die span moet dikwels die ontstellende lyding van diere verduur, maar dit spoor hulle aan om te volhard met die moeilike taak wat hulle aangepak het. #Silwerskermfees