Logo

Amptelike Lokprent – Jan Bloed

Video
13 Junie

Alister Fortuin, ook bekend as Jan Bloed, van Westbury, Johanneburg, is ’n voormalige lid van die Fast Guns en Varados-bendes. Die kyker ontmoet sy ma, Felicity, wat hom nooit as Jan Bloed geken of gesien het nie; sy seun in die tronk, Vercaino, en sy vrou, Engeline, saam met wie hy nou ’n nuwe lewe het. Alister stap deur Westbury en ander areas wat ’n groot impak op sy lewe as Jan Bloed gehad het. Hy wys die plek waar hy sy eerste moord gepleeg het en sy “blomplekke”, en hy ontmoet weer mense uit sy verlede. Alistair voel geroepe om pastoor te word en ’n volgende generasie op ’n beter pad as dié van bendes en geweld te lei. Sal Alister wanneer Vercaino vrygelaat word, daardie noue weg saam met sy seun kan stap? #Silwerskermfees
Jy sal ook hiervan hou