Logo

Amptelike Lokprent – Die Skynwerper

Video
13 Junie

Gekluister aan sy donker verlede, voer Nelis ’n afgesonderde bestaan saam met sy verlamde, verbitterde vader. Nadat ’n insident by sy werk hom skielik werkloos laat, waag hy ’n kans en skryf in om deel te neem aan die realiteitsreeks Die Skynwerper. Ná ’n mislukte oudisie groei sy agterdog dat die sielkundige manipuleerder en aanbieder van die reeks in der waarheid ’n marionetmeester is wat sy werklikheid vanuit die skaduwees beheer. #Silwerskermfees