Logo

Amptelike Lokprent – Maak stil die geblaf

Video
13 Junie

Maak stil die geblaf is ’n hartverwarmende dokumentêr oor ’n klein groepie 11-jarige kinders van ’n plaasgemeenskap in die Hexriviervallei en hul honde. Die kinders en hul vierbeenvriende oefen vir ’n hondespringkompetisie in Stellenbosch. In ’n plek waar geleenthede skaars is en geweld naby aan die huis, moet die kinders hul pad deur die lewe vind, terwyl hulle vir Tiger, Fluffy, Sussa en Lady probeer leer om oor hekkies te spring en deur tonnels te kruip. Uiteindelik neem die jong eienaars hul plaasbrakkies oor die berg waar hulle alles gee by die amateur-hondespringkompetisie waarop hulle met soveel passie voorberei het. #Silwerskermfees
Jy sal ook hiervan hou