Logo

2024 se TV-benoemings vir die Silwerskermtoekennings: Persoonlikheid van die jaar

Video
05 Julie

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas. Dit sal die volgende aand, Sondag 1 September, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Kandidate vir Persoonlikheid van die jaar is Op my eish! se Brendan Peyper en Rachelle Fourie; Derick Hougaard van Hougaard – Liefling van Loftus; Avril Albetti van Die brug; Anita Lloyd van Die Real Housewives van die Wynlande en dan die wenners van Kokkedoor: Vuur en Vlam – Karen Els en Gert Joubert. Kykers wat wil stem, kan hul keuse keuse maak op die kykNET-webwerf vanaf 5 Julie tot 5 Augustus. Die kykNET Silwerskermfees word moontlik gemaak deur Openserve en die Stad Kaapstad.