kyknet channel logo

Makriel met murgpampoen

12 Oktober

2 Porsies

Seekos

723688

Makrielfilette word saam met murgpampoen gaargemaak in die eerste episode van Edik van Nantes 2. Kry die resep hier.

Edik-van-Nantes-2-Makriel-1
Bestanddele

4 makrielfilette

2 murgpampoentjies

1 dun prei

50 g botter

½ suurlemoen

50 g haselneute

seegras

sout en peper

Metode

 

  1. Sny die murgpampoen in ongeveer 1 cm dik skywe, geur met sout en peper en rangskik in 'n baie warm pan.
  2. Braai tot ligbruin aan beide kante.
  3. Smelt botter in 'n pan of pot en verlaag die hitte.
  4. Sny die prei in ongeveer 1cm dik skywe en plaas versigtig in die botter.
  5. Indien die pan klein genoeg is, sal die botter die prei bedek en is dit nie nodig om dit om te draai nie.
  6. Kook oor 'n lae hitte totdat prei sag is.
  7. Verwyder uit pan en hou warm.
  8. Plaas haselneute, suurlemoensap en skil in dieselfde pan.
  9. Verhoog die hitte totdat die botter begin skuim en dit donkerbruin verkleur.
  10. Verwyder van hitte.
  11. Verhit 'n derde pan.
  12. Geur makriel deeglik met sout en peper.
  13. Plaas in warm pan met velkant onder vir ongeveer 3 minute, draai om vir 1 minuut.
  14. Plaas murgpampoen op bord met skyfies prei bo-op.
  15. Plaas makriel bo-op.
  16. Voeg haselneute by.
  17. Garneer met seegras.

Gewildste Resepte