'Klubhuis': ’n Inspirerende kyk na klubrugby in Suid-AfrikaHulle het sy oog sommer oopgeslat. ’n Stukkie watte word met kromverbinde vingers teen die sny gehou. Maar hy glimlag, want klubrugby is nie bloot ’n tydverdryf nie. Dis nie net bloed, sweet, snye en gekneusde vlees en egos nie. Dis om te lewe, of minstens aan ’n ganse gemeenskap lewe te gee.