14 November
Maak vier broodjies.
Ongebak
Jou toebroodjies hoef nie vervelig te wees nie - probeer hierdie maklike resep vandag!
4 groot snye heelgraanbrood
8 dun (geskilde) patatrepe
1 knoffelhuisie, fyngekap
250g maaskaas
1 eetlepel grasuie, gekap
40g gemaalde neute
1 eetlepel appelasyn
4 eetlepels Feta
4 takkies pietersielie
grofgemaalde swartpeper
olyfolie
Bedrup brood met olyfolie aan beide kante en rooster tot goudbruin, hou eenkant.
Bedrup patat repe met olyfolie, sprinkel met sout, rooster 2 - 3 minute aan beide kante, sit eenkant.
Druk gekapte knoffel plat met lem van ’n mes.
Voeg maaskaas, grasuie, neute en asyn by knoffel en meng.
Smeer mengsel op brood.
Bedek elke sny brood met 2 snye patat.
Krummel Feta bo-oor.
Garneer met pietersielie en swartpeper.
Bedrup met olyfolie en bedien.