kyknet channel logo

Boudoirtert – Nataniël.Erik.Wolf.

31 Oktober

Bedien 4 - 6 porsies

Ongebak

Hierdie liplekker nagereg bevat bestandele soos boudoirbeskuitjies. Probeer dit vandag!

Boudoirtert
Bestanddele

2 groot eiers, geskei

knippie sout

100g wit suiker

20g vanielje-suiker

200g mascarpone

200g crème fraîche

200ml vars room

250ml sjokolademelk, afgekoel

30 tot 40 boudoirbeskuitjies

4 eetlepels geskilferde sjokolade

Metode

Klits eierwitte en knippie sout saam tot stywe punte vorm, hou eenkant.

Gebruik handklitser en klits meng eiergele en suiker saam in aparte mengbak.

Voeg mascarpone by en meng.

Voeg crème fraîche by en meng.

Voeg room by en meng.

Vou eierwitmengsel versigtig by.

Skep dun laag room op bodem van opdienbak.

Doop beskuitjies vinnig (een vir een) in sjokolademelk en rangskik om bodem te bedek.

Strooi 2 eetlepels sjokoladeskilfers bo-op.

Herhaal met laag room, beskuitjies en sjokoladeskilfers.

Plaas in yskas vir 2 ure en bedien.

witboontert
Erik se witboontert – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Erik se witboontert – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte