kyknet channel logo

Salm-aartappelkoekies

Seekos

4

'n Seekos-happie

IMG 6987
Bestanddele

500 g Baba aartappels gaargemaak en helfte van die skil verwyder

2 eetlepels Vars room

2 eetlepels Bruismeel

3 Eiers

150 g Gaar salm gevlok

1 knippie Neutmuskaat

1/2 teelepel Gedroogde soetbasiliekruid

1/2 teelepel Gedroogde oreganum

Seesout

Swartpeper grof gemaal

3 eetlepels Koekmeel

3 eetlepels Broodkrummels

Druiwepitolie

Metode
  • Maak aartappels fyn terwyl dit louwarm is, roer room by
  • Laat heeltemal afkoel
  • Meng meel by aartappel, meng 1 geklitste eier by
  • Voeg salm, neutmuskaat, basiliekruid en oreganum by, meng goed
  • Geur met sout en peper
  • Vorm 12 tot 14 balletjies
  • Klits 2 eiers in plat bakkie
  • Gooi meel in ander plat bakkie
  • Gooi broodkrummels in derde plat bakkie
  • Rol aartappelballetjies in meel, dan in eier en laastens in krummels
  • Vorm 12 tot 14 balletjies
  • Plaas in yskas vir 30 minute
  • Verhit 4 tot 5 eetlpls olie in pan
  • Plaas balletjies in pan, druk effens plat om koekies te vorm
  • Braai tot goudbruin aan albei kante
  • Plaas op kombuisdoek om te dreineer van ekstra olie
IMG 6992
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Dronk melktert en bloosperske

Gewildste Resepte