Van toeka tot die toekoms
Onthoukos, verlangkos, kos uit die ou dae. Die oorblywende drie spanne loop die verlede in op die spore van onthoukosveterane. By drie Prins Albert-inwoners leer die kokke hoe die oumense dinge destyds gedoen het. Sjef Richard Carstens, kos-goeroe en inspirasie, loer in. Die spanne verbreed hul koshorisonne en kry inspirasie uit die toekoms om die verlede beter te kan vertolk. En ietsie meer as nét kos, roer die hartsnare in dié episode...