Die Haan kondig dagbreek aan: tyd vir ontbyt
Dis vroeg uit die vere vir die oorblywende Kokkedore. Prins Albert se hane het nog skaars dagbreek aangekondig, toe moet die gapende kokke al regstaan vir 'n span bekende vroegopstaners: die dames van Dagbreek op kykNET. Die spyskaart: 'n outydse plaasbrekfis. Dié een soek 'n modieuse ontbyt, daardie een iets vir die fiksheidsbewustes. Dan lol lewer, 'n volstruiseier en RSG Glanskok, Francois Ferreira, ook