kyknet channel logo

Persimmon-koek

13 Julie

4 Porsies

Gebak

3

Sjef Suzanne Crozier het heerlike persimmon-koek met gesoute karamelsous tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt voor berei. Kry haar resep hier:

Persimmon-koek-1
Bestanddele

250 ml persimmon-pulp

1 ml koeksoda

125 ml witsuiker

125 ml bruinsuiker

30 ml botter gesmelt

1 groot eier

5 ml vanielje-ekstrak

250 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

1 ml kaneel

knippie sout

45 ml botter

80 ml bruinsuiker

5 ml vanielje-ekstrak

60 ml room

growwesout

persimmons (ekstra om te rooster)

Metode

 

  1. Meng pulp, koeksoda, suikers, botter, vanielje en eier saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
  2. Verhit oond teen 180 °C en smeer ’n 15 cm koekpan met botter.
  3. Meng nat en droë bestandele saam. Giet in koekpan. Bak vir sowat 25 tot 30 minute.
  4. Geroosterde persimmons: sny persimmon in wiggies, plaas op gesmeerde bakplaat en besprinkel met suiker en kaneel. Bak tot mooi bruin
  5. Vir die sous: smelt bruinsuiker en botter tot suiker opgelos is. Giet room by en bring tot kookpunt. Laat prut tot al die klonte weg is. Geur met vanielje en growwe sout.
  6. Keer koek uit en laat afkoel. Giet karamelsous oor, rangskik persimmon-wiggies en sprinkel met nog bietjie growwe sout
Die-GROOT-Ontbyt-garnaal-en-spek-kebabs-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-07

Garnaal-en-spek-kebabs

Gewildste Resepte