300g gekookte witbone, gedreineer
125ml olyfolie
250g ricotta
265g korsdeeg, uitgerol
1 eier
200g spinasie, rofgekap
50g botter
10 -12 kasjoeneute
1 eetlepel pietersielie, fyngekap
3 eetlepels olyfolie
1 eetlepel suurlemoensap
seesout
grofgemaalde swartpeper
Meng die bone en 150ml olyfolie met ’n elektriese menger tot glad, voeg olie by indien nodig.
Smelt botter in ’n pan, voeg spinasie by en braai tot al die botter geabsorbeer is, verkoel effens.
Meng bone, ricotta, spinasie en eier in ’n mengbak.
Geur met sout en peper.
Smeer ’n 26-28cm tert pan met botter en bedek met deeg.
Prik bodem met vurk en skep vulsel in, maak bokant gelyk.
Plaas kasjoeneute bo-op, drup met olyfolie en bak vir 30 minute teen 180˚C.
Meng pietersielie, olyfolie, suurlemoensap, knippie sout en peper saam, drup oor tert en bedien.