kyknet channel logo

Liggies gesoute marmelade en- sjokoladekoekies – Nataniël.Erik.Wolf.

24 Oktober

32 koekies

Gebak

'n Lekker, soet-sout peuselhappie!

Liggies gesoute marmelade en- sjokoladekoekies
Bestanddele

125g sagte botter

1/2 koppie plus 1 gelykvol eetlepel ligte bruinsuiker

1 teelepel vanielje-ekstrak

2 opgehoopte eetlepel lemoenmarmelade

fyngerasperde skil van 1 groot lemoen

2 eetlepel lemoensap

1 eetlepel lemoenlikeur

2 koppie bruismeel

1 eetlepel hawermout

1 teelepel bakpoeier

1/4 teelepel sout

100g donker sjokolade, fyngekap

100g grofgekapte okkerneute

Metode

Verroom botter, suiker, vanielje en marmelade in groterige mengbak.

Meng vars skil, sap en likeur by.

Roer meel, bakpoeier, hawermout en sout by.

Meng sjokolade en okkerneute by.

Gebruik hande on deegbal te vorm, bedek en plaas in yskas vir 20 minute.

Voer twee of meer bakplate met bakpapier.

Rol deegballetjies van 3 cm deursnee.

Plaas 8 balletjies op ’n bakplaat en druk effens plat met vurk.

Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot goudbruin, 8 tot 9 minute.

Verwyder uit oond en laat staan vir 5 minute.

Rangskik op draadrak om heeltemal af te koel.

oeuf mayonnaise resep
Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte