625 ml melk
gerasperde skil van 1 groot- of 2 medium lemoene
40 g koekmeel
30 ml mielieblom
30 ml vlapoeier
knippie sout
4 eiers
100 g suiker
40 g botter
20 ml vanieljegeursel
150 g beskuitjiekrummels
3 eierwitte liggies geklits
plantaardige olie vir diepbraai
100 g strooisuiker
15 ml fyn kaneel
Mari-Louis verduidelik: “Hierdie resep kom met ’n waarskuwing: moenie dit maak nie!
“Regtigwaar, jy sal jouself geen guns bewys nie! Dit het baie stappe met vele rustye in die yskas tussenin. Maar wanneer jy dié ontplof-in-jou-mond-genietings voorsit, sal drie ure se werk in 37 sekondes verdwyn, en die uitroepe van ‘Nog, nog asseblief!’ sal in jou ore weerklink.”
Die resep, en vele ander smullekker resepte, is beskikbaar in haar en haar broer, Callie Maritz, se jongste resepteboek, Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling.
Probeer dit gerus self: