Jy kan enige van jou gunsteling vrugte by die resep byvoeg.
Bestanddele
30 ml Gemaalde koffie
30 ml Gekookte water
3 Eierwitte
2,5 ml Kremetart
175 g Strooisuiker
5 ml Mielieblom
Vulsel
150 ml Geklopte room
150 ml Crème Fraîche
500 g Vars vrugte
15 ml Versiersuiker
Metode
Voorverhit oond teen 140°C. Sny ‘n 20cm sirkel bakpapier uit en plaas op ‘n bakplaat.
Plaas gemaalde koffie in ‘n klein bakkie en gooi water oor die koffie, laat dit trek vir 4min en gooi die koffie dan deur ‘n baie fyn sif.
Klits eierwitte en die kremetart tot styf, maar nie tot dit droog is nie. Klits die strooisuiker gelydelik by die meringue tot dit styf en blink is. Voeg die mielieblom vinnig by en dan die koffie.
Gebruik ‘n lang mes om die meringue mengsel op die bakplaat te plaas en eweredig op die sirkel te versprei. Maak liggies ‘n holte in die middel van die meringue. Bak in die oond vir 1 uur, skakel dan die oond se hitte af en laat dit afkoel in die oond.
Skuif die meringue van die bakplaat na ‘n bord, trek die bakpapier af. Klop die room styf, vou die crème fraîche by die room. Skep in die holte van die meringue en plaas vars vrugte van jou keuse op die room mengsel. Sif die versiersuiker oor die vrugte.