17 Oktober
Gebak
4
'n Heerlike beskuit om saam met 'n koppie koffie te geniet.
Die droë bestanddele:
650 g nutty wheat
350 g bruismeel
375 ml bruin suiker
15 ml bakpoeier
250 ml hawermout
375 ml muesli
250 ml sonneblomsaad
150 ml bosbessies
150 ml rosyne
Die nat bestanddele:
500 g botter, gesmelt
500 ml karringmelk
2 eiers
Wenk:
Jy kan enige iets wat vir jou lekker is by die resep voeg. Die lekkerste deel van die resep is die beslag hoef nie te rys nie
Instruksies:
1. Meng die gesmelte botter, karringmelk en eiers goed tot romerig.
2. Voeg droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak en meng dit goed. Sif droë bestanddele vooraf.
3. Maak ‘n holte in die middel van die droë bestanddele vir die karringmelkmengsel. Voeg die karringmelkmengsel by en meng dit liggies in met ‘n lepel.
4. Meng verder goed met die hand totdat die deeg ‘n bolletjie vorm in die bak. Knie die deeg goed.
5. Wanneer jou deeg reg is voeg die laaste van jou bestanddele by: sonneblomsaad, bosbessies en rosyne. (hierdie bestanddele kan jy vervang met iets waarvan jy hou)
6. Plaas jou beslag in ‘n vooraf gesmeerde bakplaat van ongeveer 20 x 30cm en druk dit liggies vas. Sny die lyne van jou beskuit met ‘n bottermes in.
7. Bak in ‘n vooraf verhitte oond op 180°C vir 40min.
8. Sodra die beskuit klaar gebak is haal dit uit die bakplaat en plaas dit op ‘n droograk in die oond vir ongeveer 3 tot 4 ure teen 80°C.