Maak seker dat die botter sag en romerig is voordat die droë bestanddele bygevoeg word
Bestanddele
25 ml Espresso
175 g Ongesoute botter
175 g Strooisuiker
225 g Bruismeel gesif
50 g Amandel meel
3 Eiers
Vulsel
50 g Ongesoute botter
115 g Versiersuiker
30 ml Crème de menthe
Metode
Voorverhit oond teen 180°C, jy gaan twee 18cm oondpanne vir die resep benodig.
Meng botter, suiker, meel, amandel meel, eiers en koffie in ‘n groot mengbak saam. Meng deur totdat al die bestanddele goed saam gemeng is. Verdeel in twee gelyke dele in die twee oondpanne. Bak vir 25 minute. Laat die koeke afkoel vir 5 minute in oondpanne, draai uit op rakkie om verder af te koel.
Vulsel: verroom die botter, versiersuiker en crème de menthe saam in ‘n mengbak totdat dit lig en pofferig vermeng.
Smeer die vulsel in die middel van jou twee sponskoeke en sif versiersuiker oor die bolaag van die boonste koek, rond af met ‘n mint blaartjie net voor bediening