web uni tv guide

Kaas-sterretjies met biltong-patee

23 November

30 Koekies

Gebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is dié kaas-sterretjies met biltong-patee voorgesit. Kry die resep.

Die-GROOT-Ontbyt-2-2-1
Bestanddele

Biltong-patee:

1 ui

1 huisie knoffel

olie

1 pakkie sampioene

500 ml biltong

1 bakkie maaskaas

1/2 k mayonnaise

2 e pietersielie

Kaas-sterretjies:

625 ml cheddar-kaas

125 g botter

45 ml room

5 ml sout

375 ml koekeel

1 knypie bakpoeier

1 knypie rooipeper

375 ml parmesaankaas

45 ml pietersielie

Metode

Vir die kaas-sterretjies:

  1. Verhit oond teen 180 °C.
  2. Room kaas, botter en room saam.
  3. Roer oorblywende bestanddele saam tot ‘n sagte deeg vorm.
  4. Plaas deeg tussen twee stukke kleefplastiek en rol omtrent 3 mm dik uit.
  5. Druk sterretjies van 5 cm in deursnee uit en plaas op gesmeerde bakplaat.
  6. Bak vir sowat 10 minute of tot goudbruin en bros.
  7. Laat heeltemal afkoel en bedien met patee of smere.

Vir die biltong-patee:

  1. Soteer ui en knoffel in olie tot sag en deurskynend en voeg sampioene by.
  2. Braai tot sampioene sag is – roer voortdurend. Laat afkoel.
  3. Kap uiemengsel in voedselverwerker tot redelikglad. Voeg oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng.
  4. Skep in geskikte bak of in twee of drie kleiner bakkies en verkoel. Bedien saam met soutbeskuitjies of kaas-sterretjies voor.
Tamatie-en-spek-blatjang-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-22

Tamatie-en-spek-blatjang

Gewildste Resepte