web uni tv guide

Tamatie-en-spek-blatjang

22 November

4 Porsies

3

In ’n episode van Die GROOT Ontbyt is daar heerlike tamatie-en-spek-blatjang voorberei. Hier is die resep.

Tamatie-en-spek-blatjang-1
Bestanddele

200 g gerookte spek

1 kg tamaties

1 ui

125 ml witsuiker

45 ml appelasyn

7 ml sout

1 ml swartpeper

druppel Tabasco-sous

Metode

 

  1. Braai die spek in 'n groot pan oor medium-hitte. Draai dit gereeld om tot verbruin – sowat 10 minute. Plaas op kombuispapier. Verkrummel sodra dit afgekoel het.
  2. Voeg tamatie, ui, suiker, appelasyn, sout, swartpeper en Tabasco-sous saam in 'n souspan en bring tot kookpunt. Roer voortdurend totdat die suiker opgelos het.
  3. Voeg die spek by en prut oor medium-hitte totdat dit verdik – sowat 'n uur. Roer voortdurend. Voeg sout en peper by na smaak.
Die-Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-17

Suikerkoekies vir Kersfees

Gewildste Resepte