4 e klappermeel (coconut flour)
2 e goue lynsaadmeel (golden linseed flour)
1 t bakpoeier
knippie sout
1 e xylitol
4 e dubbelroom joghurt
4 e amasi (of karringmelk)
4 groot eiers
2 e avokado-olie
kokosolie (of avokado-olie vir braai)
1. Plaas al die bestanddele, behalwe die olie vir braai, in ’n menger en meng goed. Laat die beslag vir 2-3 minute rus.
2. Voorverhit ’n pan met bietjie olie op medium hitte voordat jy jou eerste ronde ‘fluffy flappies’ daarin giet.
3. Vir ’n mediumgrootte flapjack, laat 2-3 eetlepels beslag per flapjack toe.
4. Sodra jy die beslag gegiet het, verminder die hitte tot medium-laag.
5. Wag vir borrels om te verskyn en vir die beslag om amper heeltemal droog en bo-op gaar te bak voordat jy dit omdraai (ongeveer 3-4 minute aan die eerste kant en 1-2 minute aan die tweede kant).
6. Maak 9-10 kleiner en 6 mediumgrootte flapjacks.