02 April
4 persone
Gebak
259766
Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger
1 blik Witbone
1 blik Sardyne
1 hand Pietersielie gekap
Suurlemoensap & skil na smaak
Sout & Peper na smaak
8 snye Ciabatta
3 eetlepels Olyfolie
Vars Knoffel
Sout
Meng die bone, sardyne, pietersielie en suurlemoen saam.
Geur met sout en peper.
Verhit ’n rooster of ’n roosterpan tot warm.
Bedek die brood met die olyfolie.
Braai tot gerooster aan albei kante, geur met sout.
Smeer die brood met vars gekapte knoffel en bedien met smeer.