02 April
10 pannekoeke
154320
Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger
200 ml Melk
175 ml Water
5 ml Suurlemoensap
125 ml Sonneblomolie
250 ml Bruismeel
2 ml Sout
2 Eiers
Sonneblomolie vir braai
Kry ’n groot vles.
Gooi die nat bestanddele in die vles.
Voeg dan die droë bestanddele by en skud baie goed saam, tot gemeng.
Smeer ’n kleefwerende pan met 'n bietjie olie (ek gebruik sommer kombuispapier).
Gooi net genoeg beslag in om die bodem van die pan te bedek en wag tot dit gaar word, jy sal sien die kante begin wegkrul van die pan af. Draai dit dan versigtig om en braai vir so 3 minute aan die ander kant.
Geniet soos jy verkies, kaneelsuiker is lekker!