kyknet channel logo

Breëboonbroodjies (Elfbord 3) – Nataniël.Erik.Wolf.

28 November

Bedien vier porsies

Braai

Gaan bietjie mal met braaibroodjies en probeer hierdie heerlike, maklike resep.

Breëboonbroodjies (Elfbord 3)
Bestanddele

4 groot snye brood, gebak met neute

200g gekookte breëbone, afgekoel

2 radyse, in 12 skywe gesny

120g ingelegde heel tuna in olyfolie

12 kappertjies of kappertjieblomme

4 teelepels suurlemoenskil, gerasper

4 takkies pietersielie

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

Bedrup brood met olyfolie aan beide kante en rooster tot goudbruin.

Druk breëbone rofweg stukkend met vurk.

Geur met seesout en peper.

Plaas bone op brood.

Plaas tuna bo-op bone.

Voeg radyse, kappertjies en suurlemoenskil by.

Plaas pietersielie bo-op.

Bedrup met olyfolie en bedien.

Ratatouille tarte tatin
Ratatouille tarte tatin – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Ratatouille tarte tatin – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte