500 g bees biltong
1 gerookte Vienna-worsie
1 kaas Russian
250 g kaas
2 t biltong-speserye
1 t swart peper
kaas en sampioen- soppoeier
2 uie
2 huisies knoffel, fyn gedruk
1 soetrissie
3 k gekookte penne pasta
150 g spek
1 k botter
1 k vars room
1. Smelt die botter in die potjie.
2. Voeg opgekapte soetrissies, uie en knoffel by. Roer en laat dit prut vir ‘n minuut.
3. Voeg gesnyde spek en worsies by.
4. Voeg speserye by en roer.
5. Voeg die penne pasta by.
6. Voeg die soppoeier by.
7. Voeg die room by.
8. Prut vir 5 minute.
9. Voeg biltong by en roer.
10. Voeg gerasperde kaas by en roer.
11. Kook vir 10 minute.
12. Bedien en geniet.