web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
1

Adri van Tonder / Rochelle Steyn

Vertolk deur Jane de Wet.

Adri was nog altyd ’n eenkant-kind wat nie baie praat nie en deur die jare het sy dit reggekry om as’t ware ’n skild om haar te bou. Sy besef nie hoe mooi sy is nie en as gevolg van haar hardekwas-houding en die feit dat sy en haar ma gereeld getrek het, het sy nog nooit juis vriende gehad nie. Sy sukkel om mense te vertrou en al is haar verhouding met haar ma soms stram, het hulle ’n baie sterk band. Adri het ’n sterk sin vir verantwoordelikheid en moet soms self die ma in die huis wees. Soos enige 15-jarige meisie, smag sy na vriende en om iewers in te pas; dat ’n seun haar sal raaksien en op haar verlief raak. Met haar aankoms op Stilfontein is daar hoop vir ’n normale lewe, maar dan kom die leuens en geheime uit …