web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13 V
KV2 Deelnemer Adri Goosen7

Adri Goosen

Ouderdom: 46
Tuisdorp: Nelspruit
Beroep: Huisvrou

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek het ’n passie vir kunsvlyt en geniet dit om enige nuwe uitdaging aan te pak! My kreatiwiteit ken geen perke! Ek sien potensiaal in enige optelitem en omskep dit in ’n kunswerk.

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Enige vorm van kuns, verf, klei, naaldwerk, spoeg-en-plak, asook houtwerk. Ek waag my hand aan enige nuwe tegnieke en is leergierig en waaghalsig wanneer ek projekte aanpak.

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Daagliks.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Ek ken net kunsvlyt; ek weet net hoe om met my hande iets te skep. Alles wat ek aanraak verander in ’n kunswerk. Dis my passie en dis my lewe.

Wat is die grootste passie in jou lewe?
Om alles om my mooi te maak. Om iets uit niks te skep en veral om herwinde artikels te gebruik.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Ek is getroud en ’n ma van twee dogters. Ons woon op ’n plaas buite Nelspruit. My man is n beesboer en ek het ’n paar hennetjies waarvan ek die eiers verkoop vir kunsbenodigdhede.