web uni tv guide
Nêrens, Noord-Kaap
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama13

seisoen

2

1

Nêrens, Noord-Kaap

OOR DIE PROGRAM

Ná afloop van die wankelrige reis terug na hul ouerplaas, Nêrens, probeer drie broers en hulle pa mekaar ná jare van vervreemding opnuut leer ken. Maar hoe leer jy liefhê as die dolk van ’n ma se dood steeds diep in almal se harte steek? 

Vyf redes om 'Nêrens, Noord-Kaap Deel II' te kyk

News
16 September 2024
Nêrens, Noord-Kaap is ’n geskenk wat in lae papier toegedraai is en stadig oopgemaak en waardeer moet word. Die M-Net-kanaaldirekteur vir Premium-kanale, Waldimar Pelser, het die reeks by die pas afgelope Silwerskermfees beskryf as ’n kunsrolprent wat in episodes verdeel is.
Nêrens, Noord-Kaap Deel II

’n Reeks dus soos geen ander nie; een waar jy nie vir ’n oomblik jou oë van die skerm af kan hou nie – nie net vir die uitstekende vertolkings nie, maar ook vir die visuele en musikale meesterstuk wat dit is. Dis ’n verhaal met sy wortels stewig in Suid-Afrika geplant, maar ook so universeel in sy temas van familiebande, hartseer, rou, merke wat die verlede laat, vreugde, die soeke na ’n plek waar jy behóórt en bowenal die liefde wat vergewe en nie boekhou van die kwaad nie. 

Toe die dramareeks Nêrens, Noord-Kaap in 2021 op kykNET debuteer het, was kykers van die begin af geboei en geroer deur die lief en leed van die Adendorffs en die mense in hulle lewe. Nou, drie jaar later wat gevoel het na ’n ewigheid, is dit tyd vir die tweede deel van hierdie meesleurende verhaal. 

Hier is vyf uitstekende redes om uit te sien na Deel II:

1. Elkeen van die hoofkarakters en die akteurs en aktrises wat hulle speel, is terug vir Nêrens, Noord-Kaap Deel II. Frank Opperman is Pa Lourens, Geon Nel is Frans, Albert Pretorius is Ronnie en De Klerk Oelofse is Andries. Jong Pa Lourens word gespeel deur Gideon Lombard; jong Frans deur Thommi Swanepoel; jong Ronnie deur Lehan Swanepoel en jong Andries deur Johannes Jordaan.

Klein Lourens, Ronnie se seun, word deur Arnold Swart vertolk. Ilse Klink, Dean Balie en Bianca Flanders is terug as Maggie, Jan-Jan en Chrissie. Marion Holm is Ans, Pa Lourens se suster, en die drie vroue in die Adendorff-broers se lewens is Lorrie (Shana Mans), Suzette (Daneel van der Walt) en Fleur (Melissa Willering). Tinarie van Wyk Loots is Katja, die broers se ma wat in ’n motorongeluk gesterf het toe hulle nog kinders was.

2. Die skrywer en regisseur is die veelbekroonde Nico Scheepers. Die reeks is gegrond op sy toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap, wat in 2017 by die Vrystaatfees in Bloemfontein debuteer het met Geon, Albert en De Klerk in die rolverdeling. Toe Nico deur kykNET genader is om dit in ’n dramareeks te verwerk, het hy gesê op een voorwaarde: Die rolle van die broers moet deur Geon, Albert en De Klerk gespeel word. Dit was toe ook só.

3. Die wenspan agter die skerms is dieselfde een wat vir die eerste reeks verantwoordelik was. Nagvlug Films is die vervaardigers, en Chris Lotz is die kinematograaf. Franco Prinsloo se meesleurende oorspronklike musiek is weer te hoor met Tim Pringle wat vir die klankontwerp gesorg het. Die reeks is in die Nieuwoudtville-omgewing verfilm, asook in Melkbosstrand en in en om Kaapstad. 

4. In die eerste episode word Frans 40, en daar word partytjie op Lorrie en haar ma se plaas gehou. Ronnie, Suzette en klein Lourens kom van die Kaap af plaas toe, en Andries en Fleur vlieg van Nederland om daar te wees. Pa Lourens, Maggie, Jan-Jan en Chrissie en hulle kinders is ook deel van die feesvieringe. Daar is potjiekos op die spyskaart, en dit neem veral vir Frans terug na hulle kinderdae. 

5. Nêrens, Noord-Kaap Deel II gaan die laaste seisoen van hierdie uitsonderlike reeks wees. “Dit is die konklusie van die storie,” sê Nico oor die besluit om dit Deel II in plaas van seisoen 2 te noem. “Dis soos ’n boek met 26 hoofstukke. Deel I was die eerste dertien, en Deel II is die laaste dertien. Episode 13 van Deel II is asof jy die laaste hoofstuk van ’n storieboek toemaak.”
 

  • Die plek: kykNET (DStv-kanaal 144) 
  • Die tyd: 20:00 
  • Die datum: 17 September 2024 
  • Die dagboekinskrywing: Die eerste episode van Nêrens, Noord-Kaap Deel II
  • Nêrens, Noord-Kaap Deel II sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. 

Deur Zaheer Banderker: Oomblikke uit 'Nêrens, Noord-Kaap Deel II'

Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II
Nêrens, Noord-Kaap Deel II

'Nêrens, Noord-Kaap Deel II': Gaan die Adendorffs ooit vrede vind?

News
21 Augustus 2024
Dit was een van die trefferreekse van 2021, en die laaste episode is skaars uitgesaai toe begin kykers al smeek: Vertel asseblief verder aan die storie van die Adendorffs van Nêrens, die familieplaas in die Noord-Kaap.
'Nêrens, Noord-Kaap Deel II': Gaan die Adendorffs ooit vrede vind?

Op 17 September 2024 is die lang wag verby wanneer Nêrens, Noord-Kaap Deel II om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Dié reeks van 13 episodes begin waar die eerste 13 episodes geëindig het. Al die hoofspelers van Deel 1 is in Deel II te sien, en dieselfde produksiespan was agter die skerms doenig. 

SINOPSIS: NÊRENS, NOORD-KAAP DEEL II 
Ná afloop van die wankelrige reis terug na hul ouerplaas, Nêrens, probeer drie broers en hulle pa mekaar ná jare van vervreemding opnuut leer ken. Maar hoe leer jy liefhê as die dolk van ’n ma se dood steeds diep in almal se harte steek? Soos met Deel I, is daar tonele in die hede asook in die verlede toe die drie broers nog jonk was, wat help om die legkaart te bou van hoe hulle beland het waar hulle vandag is. 

OPSOMMING: NÊRENS, NOORD-KAAP DEEL I
Pa Lourens (Frank Opperman) boer saam met sy oudste seun, Frans (Geon Nel), op Nêrens, die familieplaas in die Noord-Kaap. Lourens het nooit oor die dood van sy vrou, Katja (Tinarie van Wyk Loots), gekom nie en het ’n slegte verhouding met sy seuns. Ronnie (Albert Pretorius) is die middelseun, geskei en ’n sukkelaar. Hy is die pa van klein Lourens (Arnold Swart). Andries (De Klerk Oelofse) is die jongste broer en reis die wêreld vol. 

Maggie (Ilse Klink) is die Adendorffs se huishoudster en soos ’n ma vir die seuns. Haar seun Jan-Jan (Dean Balie) en sy vrou, Chrissie (Bianca Flanders), woon ook op die plaas, en in Deel I het Lourens vir Jan-Jan ’n stuk grond gegee om op te boer. 

Ans Adendorff (Marion Holm) is Lourens se suster en besit die kroeg op die dorp. Lorrie (Shana Mans) is ’n veearts, en aan die einde van Deel I kom sy en Frans uiteindelik bymekaar. Suzette (Daneel van der Walt) is in die polisie en Ronnie se geliefde. Suzette en klein Lourens het ’n baie goeie verhouding. Fleur (Melissa Willering), ’n Nederlander, is Andries se meisie wat hy op sy reise ontmoet het. 

In die laaste episode van Deel I, kom dit aan die lig dat klein Ronnie agter op die bakkie weggekruip het waarmee sy ma, Katja, gery het. Sy het geskrik toe hy skielik regop sit, het die bakkie gerol en is aan haar beserings dood, iets waaroor Ronnie nog altyd skuldig voel. 

In die hede kom die drie broers bymekaar op Nêrens vir Lourens se 70ste verjaardag. Die dag ná die partytjie, waar harde woorde geval het, gaan die broers na Katja se kerk wat sy gebou het en begin dit restoureer. Andries besluit egter om sy rugsak te vat en te gaan reis. 

“Die einde van Deel I was duidelik ’n laagtepunt vir Ronnie, maar ook die begin van genesing,” sê Albert. “Hy is steeds vol drome en wilde schemes en die grapjas om die vuur, maar hy werk hard daaraan om ’n goeie pa vir sy laitie te wees.” 

DIE SKRYWER EN REGISSEUR

Nico Scheepers se toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap het in 2017 by die Vrystaatkunstefees in Bloemfontein debuteer. Geon, Albert en De Klerk was te sien as die drie Adendorff-broers, en toe kykNET vir Nico genader het om dit in ’n dramareeks te ontwikkel, het hy ingestem op een voorwaarde: die drie akteurs moet ook op TV die rolle speel. 

“Nêrens, Noord-Kaap Deel II is die konklusie van die storie,” sê Nico oor die besluit om dit Deel II in plaas van seisoen 2 te noem. “Dis soos ’n boek met 26 hoofstukke. Deel I was die eerste 13, en Deel II is die laaste 13. Episode 13 van Deel II is asof jy die laaste hoofstuk van ’n storieboek toemaak.” 

Hoe het hy die drie jaar tussen die reeks in 2021 en nou aan die draaiboek beplan en geskryf? 

“Ek het die drie jaar gebruik asof soveel tyd ook in die reeks verbygegaan het,” sê hy. “Almal, maar veral die kinders, het vinnig gegroei en ek moes dit respekteer. Daar was geen manier onder die son dat ek een van die kinders sou recast nie. Ons is almal familie.” 

Hy is vol lof vir almal betrokke by Nêrens, Noord-Kaap Deel II. “Die hele tegniese span, die akteurs, kykNET ... almal het kliphard gewerk en hulle A-game gebring om werklik reg te laat geskied aan die Adendorffs en die mense in hulle lewe. Die storie is in veilige hande met die span van Nagvlug Films, en ek kan nie wag dat die kykers hierdie paadjie tot aan die einde van episode 26 stap nie. Wat kan hulle verwag? Liefde, hartseer, geluk en ’n hele paar skape.” 

AGTER DIE SKERMS
Chanél Muller en Zandré Coetzer van Nagvlug Films (Donkerbos, Dinge van ’n kind, Barakat) is die vervaardigers. Chanél is ook die medeskrywer. Chris Lotz (SASC) is die kinematograaf, Merishen Wessels is die kunsregisseur en die kostuumontwerper is Sulet Meintjes. Tim Pringle was vir die klankontwerp verantwoordelik, en die oorspronklike musiek vir die klankbaan is deur Franco Prinsloo gekomponeer. Die reeks is in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap, asook in en om Kaapstad verfilm. 

“Die grootste uitdaging met die maak van Deel II, was om die hele ensemble weer bymekaar te kry. Dit was ’n moeilike legkaart om te bou,” sê Chanél. “Dít en natuurlik die snikkende hitte van die Noord-Kaap in die somermaande.”

Sy sê kykers kan uitsien na ’n verdieping in die storielyne van Deel II. “Om op ’n reis te gaan saam met karakters wat hulle leer liefkry het. Om saam te lag en te huil, maar ook saam te troos en te weet dat dié wat die naaste aan jou is, jou die liefste het, al maak dit soms die seerste.”

  • Nêrens, Noord-Kaap Deel II begin op 17 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die volledige eerste reeks van dertien episodes van Nêrens, Noord-Kaap is tans beskikbaar op Showmax.

Nog Programme

Su-an (en so aan) sluit aan by Die GROOT Ontbyt

Die GROOT Ontbyt

06:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S15 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters poster

Diepe Waters

18:30 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_enuus_poster_2024

eNuus

19:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Skemergrond

19:30 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
145
Rian van Heerden

Wie Word 'n Miljoenêr?

20:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Moederhart telenovela

Moederhart

20:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
145
Wies nuus Poster S4

Wie's Nuus

21:00 | 18 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Boer soek 'n vrou S16 poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 19 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Anzel in die Boland S4 Poster

Anzél In Die Boland

18:30 | 20 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Ontbytsake S11 Poster

ontbytSAKE

07:30 | 21 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Ysters op die landgoed S2 Poster

Ysters Op Die Landgoed

18:30 | 21 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 22 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 22 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het.

Koortjies Met Elwira Standili

19:00 | 22 Sep
web uni tv guide
Kanaal
145
4x4 met Andre S3 Poster

4x4 Met André

17:30 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.

Pronk Primêr

20:00 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
In gesprek

In Gesprek

20:30 | 23 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Bolhuis beslis

Bolhuis Beslis

21:00 | 24 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Koppieteefontein S5 Poster

Koppieteefontein

21:30 | 24 Sep
web uni tv guide
Kanaal
144
Steinheist Poster

Steinheist

13:15 | 01 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144