240g Brasiliaanse neute, heel
120g kasjoeneute, heel
1 koppie heel glanskersies, rooi en geel
1/2 koppie ingelegde groenvye, in kwarte gesny (of 1/2 kp heel groen glanskersies)
1/2 kp vars dadels, ontpit en dwars in helftes gesny
100g donker sjokolade, grofgekap
3/4 kp koekmeel
1/2 tlpl bakpoeier
3/4 kp strooisuiker
1 tlpl fyn kaneel
1/2 tlpl sout
3 eiers
2 tlpl vanielje-ekstrak
2 eetlpl Cognac
Meng neute, kersies, vye, dadels en sjokolade in mengbak.
Strooi meel, bakpoeier, strooisuiker, kaneel en sout oor en meng.
Klits eiers en vanielje-ekstrak goed saam, meng by res van beslag.
Smeer en voer broodpannetjie met bakpapier.
Skep beslag in pannetjie en maak bokant gelyk.
Bak in oond teen 140˚C (waaier) vir 1 uur 40 minute, haal uit oond en drup Cognac bo-oor.
Laat afkoel, verpak lugdig en hou in yskas.
Sny met fyngeriffelde messie in baie dun skywe.