kykNET_Nou_kanaal_146_logo_png

Chakalaka-hamburgers

27 Junie

4 Porsies

Braai

4

Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt heerlike chakalaka-hamburgers voorberei. Sy het haar resep met ons gedeel.

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Bestanddele

Hamburger

500 g maalvleis

1 eier

3 ml koljander gemaal

1/2 ml naeltjies gemaal

1 knippie neutmuskaat

sout

peper

10 ml Worcestersous

100 ml broodkrummels

botter

blaarslaai

botterskorsies gerooster

tamaties

eiervrugte

broodrolletjies

Tuisgemaakte chakalaka:

2 wortels in blokkies gesny

olie

1 ui

1 - 2 brandrissies met saad gekap

1/2 soetrissie (rooi)

5 ml kerriepoeier

1 tamatie

125 ml aftreksel of water

sout

peper

Metode

Vir die hamburger:

  1. Voeg maalvleis, sout, peper, eier en Worcestersous saam in ’n mengbak en meng goed.
  2. Vorm nou ’n hamburger-patty van sowat 1 cm dik.
  3. Braai oor warm kole op ’n gesmeerde rooster of in die oond.
  4. Sny broodrolleties en smeer met botter.
  5. Plaas blaarslaai, groente en gebraaide patty op een helfde.

 

Vir die chakalaka:

  1. Sauté ui, kerriepoeier en wortel. Voeg peper en brandrissies by.
  2. Sodra dit verbruin, voeg oorblywende bestanddele by en prut totdat ’n dik sous vorm.