Maal 18g koffie fyn totdat dit amper ‘n poeier vorm
Die koffie moet vars gerooster wees en verkies ‘n ibrik kwaliteit
Coffee Excellence Legacy Blend word aanbeveel
Gooi die koffie in die ibrik in, voeg 40ml vars lemoensap, 3g bruinsuiker en ‘n knippie neutmuskaat by.
Voeg daarna 120g kamertemperatuur water by die mengsel.
Roer die mengsel en plaas die ibrik op ‘n stoofplaat. Indien jy ‘n gasstoof gebruik, draai die vlam tot op medium. Indien jy ‘n elektriese stoof gebruik, stel die plaat op medium hitte.
Wag totdat die skuim rys en die “eerste asem” vat. Verwyder van die hitte en skink in ‘n koppie. Wag ‘n verdere twee minute en geniet die ongelooflike verfrissende drankie.