web uni tv guide

Hoender met gruyère

07 Desember

4 Porsies

Suiwel

3

Hier is die resep vir Nataniël en Erik se hoender met gruyère, soos voorberei op Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep09-HOENDER-GRUYERE-1
Bestanddele

3 e botter

1 kg uie

seesout

grofgemaalde swartpeper

4 knoffelhuisies

blaartjies van twee takkies tiemie

takkie roosmaryn

2 k hoenderaftreksel

1 e balsamiese asyn

1 e Franse mosterd

1,5 kg hoenderdye

3 e druiwepitolie

1 k gruyère

Metode

 

  1. Plaas botter en uie in kastrol.
  2. Karameliseer oor hitte vir 45 minute.
  3. Voeg knoffel en kruie by en verhoog hitte vir 5 minute, roer gereeld.
  4. Voeg 1 k hoenderaftreksel by en verlaag hitte, laat prut totdat vloeistof begin verminder.
  5. Skep in oondbak.
  6. Geur hoenderdye met sout en peper.
  7. Verhit druiwepit olie in baie warm pan en verbruin hoender.
  8. Rangskik bo-op uie.
  9. Verhit res van hoenderaftreksel in die pan en roer asyn en mosterd by.
  10. Kook vir 5 minute en gooi oor hoender.
  11. Bak in oond teen 180 ˚C vir 40 minute.
  12. Strooi kaas oor en bak verder tot kaas goudbruin is. (Kan ook onder oondelement gedoen word).
EVN2-Ep09-KREEFSTERTSLAAI-1
Edik van Nantes Kie About
2016-12-07

Kreefstertslaai