web uni tv guide
Hotel S5 Slim
Carmen Fourie

Carmen Fourie

vertolk deur Desiré Gardner
Die rebelse ontwerper, Carmen Fourie, is die aanneemsuster van Mymoena Samsodien se biologiese dogter, Bianca Fourie. Sy speel nie volgens die reëls nie, bloot omdat haar reëls van ander se reëls verskil. Sy het die eerste keer haar verskyning op Bridgette Jacobs se peperduur bank gemaak, waar sy betrap is met Bridgette se oorle maltrap-seun met 'n verloofring aan haar vinger. En van toe af, is dit die een warrelwind op die ander, soos haar vurige vriendskap met regoprug-Rhafiek, die moslem-seun van AB Samsodien (Ruiterbosch se betroubare apteker) en hul uiteindelike sprokiestroue. Sy is 'n "gap year"-tipe-mens wat vir lank bang was vir commitment. Sy het 'n rebelse streep (absoluut teenoorgestelde van Bianca) en is impulsief van aard wat ooreenstem met haar liefde vir reis – sy bring met haar saam wysheid en stories van die plekke wat sy al gesien het en die mense wat sy al ontmoet het.